MIM-104 Patriot

MIM-104 Patriot

'n Patriot-stelsel van die Duitse Lugmag in Augustus 2005.
Tipe Mobiele langbereik grond-tot-lugmissiel met anti-ballistiese missielvermoë
Oorsprong Verenigde State
Diensgeskiedenis
In gebruik 1981–huidig[1]
Gebruik deur Sien gebruikers
Produksiegeskiedenis
Ontwerper Raytheon, Hughes and RCA
Ontwerp 1969
Vervaardiger Raytheon
Koste per eenheid ongeveer VS$2–3 miljoen[2]
Vervaardig 1976
Aantal gebou 1106 lanseerders in V.S.-diens, meer as 172 lanseerders uitgevoer[3]
meer as 10 000 missiele vervaardig

Die MIM-104 Patriot is 'n grond-tot-lugmissielstelsel (SAM), die primêre van sy soort word deur die Amerikaanse Weermag en verskeie geallieerde nasies gebruik. Dit word deur die Amerikaanse verdedigingskontrakteur Raytheon vervaardig en ontleen sy naam aan die radarkomponent van die wapenstelsel. Die AN/MPQ-53 in die hart van die stelsel staan bekend as die "Phased Array Tracking Radar to Intercept On Target" wat die akroniem PATRIOT vorm.

Die Patriot-stelsel het die Nike Herculesstelsel vervang as primêre medium-tot-hoë lugverdedigingstelsel (HIMAD) van die Amerikaanse Leër en vervang die MIM-23 Hawk-stelsel as die VS Leër se medium taktiese lugverdedigingstelsel. Behalwe vir hierdie rol is die Patriot se primêre missie as anti-ballistiese missielstelsel (ABM).

  1. http://www.designation-systems.net/dusrm/m-104.html
  2. Brain, Marshall. "How Patriot Missiles Work". howstuffworks.com (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 8 Mei 2020. Besoek op 27 September 2014.
  3. "MIM-104 Patriot". Jane's Information Group. 12 Augustus 2008. Besoek op 26 Augustus 2008.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy